Player FM - Internet Radio Done Right
Checked 2d ago
Добавлено четыре года назад
Контент предоставлен RSG. Весь контент подкастов, включая эпизоды, графику и описания подкастов, загружается и предоставляется непосредственно компанией RSG или ее партнером по платформе подкастов. Если вы считаете, что кто-то использует вашу работу, защищенную авторским правом, без вашего разрешения, вы можете выполнить процедуру, описанную здесь https://ru.player.fm/legal.
Player FM - приложение для подкастов
Работайте офлайн с приложением Player FM !
Работайте офлайн с приложением Player FM !
Spektrum 21 Januarie 2025
Manage episode 462366785 series 2801228
Контент предоставлен RSG. Весь контент подкастов, включая эпизоды, графику и описания подкастов, загружается и предоставляется непосредственно компанией RSG или ее партнером по платформе подкастов. Если вы считаете, что кто-то использует вашу работу, защищенную авторским правом, без вашего разрешения, вы можете выполнить процедуру, описанную здесь https://ru.player.fm/legal.
President Trump maak talle beloftes tydens sy inhuldiging. Ons praat met 'n ekonoom oor sy uitlatings. 'n Klimatoloog reageer op die VSA se onttrekking aan die Parys Klimaatooreenkoms. Die EFF gaan die PA se Kenny Kunene by die Menseregtekommissie verkla oor sy opmerking dat onwettige myners geslag moet word.
…
continue reading
2134 эпизодов
Manage episode 462366785 series 2801228
Контент предоставлен RSG. Весь контент подкастов, включая эпизоды, графику и описания подкастов, загружается и предоставляется непосредственно компанией RSG или ее партнером по платформе подкастов. Если вы считаете, что кто-то использует вашу работу, защищенную авторским правом, без вашего разрешения, вы можете выполнить процедуру, описанную здесь https://ru.player.fm/legal.
President Trump maak talle beloftes tydens sy inhuldiging. Ons praat met 'n ekonoom oor sy uitlatings. 'n Klimatoloog reageer op die VSA se onttrekking aan die Parys Klimaatooreenkoms. Die EFF gaan die PA se Kenny Kunene by die Menseregtekommissie verkla oor sy opmerking dat onwettige myners geslag moet word.
…
continue reading
2134 эпизодов
Todos os episódios
×S
Spektrum

Ons bespreek Gauteng se misdaadstatisitiek met 'n kenner. President Donald Trump skort invoertariewe teen Kanada en Meksiko tydelik op. Die Vaaldam is propvol.
S
Spektrum

Die bevelvoerder van die Saldanha-polisiekantoor is in die getuiebank op dag vier van die Joslin Smith-hofsaak. Die weerdiens waarsku dat Gautengers hulle moet staal vir nóg ontwrigtende reën. Vrystaat Landbou is bekommerd oor die moontlike uitkringeffek van die VSA se opskorting van noodlening aan Lesotho. Die Verkiesingskomissie ondersoek die haalbaarheid van 'n digitale stemproses vir Suid-Afrika. China waarsku dat hy gereed is vir enige soort oorlog met Amerika, nadat president Donald Trump nóg tariewe teen die land instel.…
S
Spektrum

'n Organisasie bekend as die Betereinders begin 'n veldtog teen die narratief dat Afrikaners slagoffers is. 'n Resolusie oor wetgewing om fluitjieblasers te beskerm, word na verwagting vandag bekendgemaak. Ons bespreek die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, se ommekeer om met die Amerikaanse president Donald Trump saam te werk. Kenners waarsku teen die gebruik van medisyne wat verval het.…
S
Spektrum

Die hofsaak oor die verdwyning van Joshlin Smith word voortgesit, te midde van die raaisel oor wat van haar geword het. Die helfte van Suid-Afrikaners word as oorgewig beskou. Donald Trump belowe vuurwerke wanneer hy die Amerikaanse Kongres en Huis van Verteenwoordigers vanaand toespreek. Inwoners van die Kaapse Vlakte vra dat die weermag ontplooi word om bendeweld te beveg.…
S
Spektrum

Motoriste kan moontlik 'n klein verligting in die brandstofprys verwag. Die vermiste Joslin Smith se Ma en haar twee medebeskuldigdes verskyn in die hof in Saldanha. Op Wêreld Wildlewedag fokus ons op die meer as een miljoen spesies wat op die rand van uitwissing staan. Die Suid-Afrikaanse Roofdiervereniging begin met regsoptrede, wat die regering kan dwing om 'n jaarlikse kwota vas te stel vir die verkoop van leeubeendere.…
Vandag is die sperdatum vir sake-eienaars om hulle spazawinkels te registreer. Die staking van Pepfar-befondsing kan die stryd teen MIV/Vigs in Suid-Afrika kelder. 'n Versoek om die sperdatum vir die oorskakeling van SASSA-kaarte te verleng.
Die Onderwys-lekgotla skop af aan die Gautengse Oos-Rand te midde van 'n verdoemende verslag oor leerders se gebrekkige leesvermoë. Die Pluimveebedryf waarsku dat 'n voëlgriep-uitbreking rampspoedige gevolge vir die sektor kan hê. 'n Veldtog van burgerlike organisasies vra die regering om hongersnood in Suid-Afrika tot 'n nasionale noodtoestand verklaar. Die polisie-diens se K9-eenheid het 'n tekort aan snuffelhonde. Leiers van die Rastafariër-gemeenskap nader die Mensregtekommissie oor die voortdurende stryd met owerhede, wat die kweek en gebruik van dagga betref.…
’n Geringe, maar kommerwekkende styging in verbruikersinflasie. Kan die ANC sy ondersteunersbasis in Kwazulu-Natal en Gauteng herbou? 'n Bekende in musiekkringe, Nota Baloyi, is in die Menseregtekommissie se visier ná neerhalende opmerkings oor witmense. Suid-Afrika bly buite stemming in 'n Verenigde Nasies-resolusie wat Rusland vir die oorlog in Oekraïne veroordeel. Spanning is aan die oplaai oor die regering se begroting wat maar net nie wil klop nie.…
Drie gewonde soldate keer terug na Suid-Afrika uit die Kongo. Die kwessie van regter John Hlophe se deelname aan die Regterlike Dienstekommissie is weer voor die hof. Johannesburg se metro spring rond om plek vir dooies te vind. Brande in dele van die Wynland-streek duur voort. 'n Toonaangewende hofsaak kan lei tot vryheid vir 'n ma wat haar lewensmaat vermoor het.…
Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie en digitale tegnologieë besoek die SAUK se hoofkantoor in Johannesburg. Die IVP betoog teen planne om die Ithala-bank te likwideer. Onderhandelings vorder goed om beseerde soldate uit die DRK te repatrieer. Ons praat oor Suid-Afrika se strafregstelsel, wat volgens baie landsburgers 'n oorblyfsel van Apartheid is, en nie die Grondwet weerspieël nie.…
Die jongste kwartaallikse misdaadsyfers is bekendgemaak. Studente maak amok op verskeie kampusse. Die jongste oor die brande by Wellington.
Die ministers van finansies en die presidensie is in die sop oor uitlatings oor die kommissaris van die Inkomstediens. Die ANC het sy provinsiale uitvoerende komitees in Gauteng en KwaZulu-Natal met taakspanne vervang. Die ministers van Buitelandse Sake van die G20-groepering kom in Johannesburg byeen. Erge ontwrigende reën word in groot dele van die land verwag.…
Jong werkloses sê ekonomiese bestendigheid hang in die weegskaal weens die ernstige gebrek aan geleenthede in Suid-Afrika. Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê Sakeliga se beskuldiging dat hy 'n "rasfonds" vir die landbousektor op die been gebring het, is vals. Die spertyd vir SASSA-begunstigdes om hulle kaarte te vervang, word verleng.…
Die polisie in Gauteng soek na minstens agt verdagtes, wat na bewering betrokke was by die gru-aanranding van klante in 'n nagklub in Pretoria. 'n Verslag oor die werklikhede van vaderskap in Suid-Afrika is onlangs vrygestel. Boere in die Noord-Kaap en Vrystaat sukkel om voort te bestaan midde die voortslepende droogte.…
Vakbonde en politieke partye skets hulle verwagtinge vir die 2025-begroting wat Woensdag in die Parlement gelewer word. Die moord op ’n Moslem geestelike leier van Kaapstad word as 'n haatmisdaad bestempel. Die organisasie, My Vote Counts, wend hom tot die Wes-Kaapse hooggeregshof om die effektiwiteit van die politieke befondsingswetgewing te betwis.…
Добро пожаловать в Player FM!
Player FM сканирует Интернет в поисках высококачественных подкастов, чтобы вы могли наслаждаться ими прямо сейчас. Это лучшее приложение для подкастов, которое работает на Android, iPhone и веб-странице. Зарегистрируйтесь, чтобы синхронизировать подписки на разных устройствах.